top of page

Jun 04, 2017

Pinksterfees

Kom hou saam met ons Pinksterfees op 4 Junie. Almal welkom.

May 25, 2017

Pinkster!

Pinkster hierdie jaar is vanaf Hemelvaart 25Mei, tot 4 Junie en ons tema is: Geestelike volwassenheid. Kom sluit by ons aan vir 'n heerlike kykie na wat dit beteken om as Christene vandag te leef.

Please reload

Bybelstudie Groepe

Dit vind plaas elke Donderdag oggend om 10:30. Daar word gepoog om deur boeke te werk wat handle oor 'n Bybelboek om sodoende onsself te verdiep in die woord van God. Kontak gerus die kerkkantoor of die leraar as u meer inligting soek.

Huweliksverrykings Kursus

Op soek na 'n geleentheid om jou gesonde huwelik nog meer te laat skyn? Ons bied 'n drie maande kursus aan vir paartjies. Dis die moeite werd. Kontak die leraar vir tye.

Please reload

Kerkkantoor Ure

Dinsdae          08:30-14:30

Woensdae     08:30-14:00

Bankbesonderhede

First Nasional Bank (FNB)

5347 0020 786

Eredienste

Ons eredienste is elke Sondag oggend om 09:00. Enige iemand is meer as welkom om by ons aan te sluit of selfs net te kom kuier.

​

Ons Sondagskool klasse volg gewoonlik na die erediens.

Doop

  1. Die doop word bedien op 'n Sondag waarop die leraar en die persoon of die ouers met mekaar ooreenkom.

  2. Voornemende doopouers moet die leraar ten minste twee maande voor die beoogde doop kontak, ten einde die doopkategese betyds af te handel. Waar dit 'n volwassene is wat gedoop wil word, verkies ons om eers die volwasse kategse af te handel.

  3. Die reëling by punt twee hierbo, geld nét so vir ouers wat hul kinders elders wil laat doop. Toestemming daartoe kan alleenlik deur die plaaslike kerkraad gegee word nadat die doopkategese plaaslik deurloop is.

Troues

Alle voornemende egpare moet 'n huweliksvoorbereidingskursus deurloop alvorens u in die huwelik bevestig kan word. Kontak die leraar ten minste 3 1/2 maande voor die tyd en bespreek die kerk vroegtydig by die saakgelastigde.

Begrafnisse

Tref reëlings met die leraar en kerkkantoor voordat die datum en tyd vir die begrafnis vasgestel word. Dit sal ons help om moontlike botsings in die program te voorkom. Vir die wat belangstel, die kerk het ook verassings nissies beskikbaar wat twee kissies met as kan hou. As u sou belangstel, kontak gerus ons kerkkantoor vir meer inligting hieroor.

bottom of page